Gardiner se lys tekens

Gardiner se lys van tekens is 'n lys algemene Egiptiese hiërogliewe wat deur sir Alan Gardiner saamgestel is. Dit word beskou as 'n standaardverwysingswerk in die bestudering van antieke Egiptiese hiërogliewe.

Gardiner se lys bevat net die algemene vorms van Egiptiese hiërogliewe, maar hy sluit uitgebreide subkategorieë in asook beide vertikale en horisontale vorms vir baie hiërogliewe. Daar is ook groottevariasies.

Daar is nie kruisverwysings nie; sodra 'n teken gelys is, kan ander belangrike betekenisse misgekyk word. 'n Voorbeeld is G16, nbtỉ, die ideogram vir die Twee Vroue, die godin Wadjet as die kobra en Nekhbet as die wit aasvoël. Hulle is die bekermingsgode van aparte Egiptiese koninkryke wat saamgesmelt het om antieke Egipte te vorm. Die ideogram word net in die lys van voëls aangedui en nie in die lys van gode of reptiele nie.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy